??

Ons dien ‘n God wat lewend, werklik, wonderlik en vol liefde en verrassings is.

20150902_181839

Vir ‘n hele paar maande sukkel ek met myself oor die negatiewe gevoellens wat ek teenoor Malethole voel. Haar werk is nie op standaard, sy luister nie, sy is stadig en begryp so baie keer verkeerd. Ek het geen beheer en verloor my humeur. Ek stoei met die Heer, is die fout by my, by haar? Ek le wakker oor hierdie probleem. Gister was dit weer so. Ek kry so skaam vir myself. Waarom word ek so kwaad? Dit is nie my geaardheid nie. Ek vra ‘n paar mense om saam te bid. Ek stoei die hele nag met die Heer. Ons almal weet dat die duiwel baie besig is by die skool. Is dit ‘n aanval van die bose?

?? Vanoggend lei die Heer my om my EE3 borsspeld met die twee ?? aan te steek. Die doel is om gesprek uit te lok oor die twee belangrikste vrae wat bestaan.
  1. Is jy seker jy gaan hemel toe?
  2. Indien God vir jou vra hoekom HY jou in Sy hemel moet toe laat, wat sal jy antwoord?

Ek het gedink ek sit dit aan omdat ons die week die ‘?’ behandel met graad 8-11. Maar die Heer het ander planne gehad.

Toe ons tee drink praat ons oor die borsspeld. JA, hulle sal graag wil weet wat is die twee vrae! Malethole is nie seker dat sy hemel toe gaan nie, sy dink so! Louisa weet sy gaan hemel toe. Waarom moet God hulle toelaat?  Beide van hulle sê hulle moet dalk toe gelaat word want hulle is gehoorsaam.

Die Heer breek alles vir my oop!! Malethole se man is die plaaslike evangelis, ek het aangeneem sy sal die waarheid ken!  Louisa bid so mooi, ek was seker sy ken  die waarheid. Nee, se ek, julle is so verkeerd. Omdat ons begin Bybelstudie doen se hulle toe hulle sal vir huiswerk daaroor gaan dink.

Die Here druk dit op my hart om die waarheid met hulle te deel. Netnou kom een iets oor en het ek ‘n geleentheid om die waarheid te deel laat verby gaan. Die Heer lei my na: Joh 14:6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Eers verstaan hulle nie mooi, maar na ‘n kort verduideliking dat Jesus vir ons sal intree as Satan ons voor God aankla. Dis nou indien ons HOM as verlosser aanvaar het. Ons beste dade is nie goed genoeg voor God nie. Satan sal ander redes kry om ons skuldig te laat staan. Net Jesus se bloed reinig ons volkome en HY staan tussen ons en ons aanklaer! Groot glimlagte breek oor die gesigte. Louisa dans rond, Saterdag gaan sy die jeug inlig en Sondag haar kerk, want sy het nou die waarheid!

Bid asseblief saam dat hierdie waarheid sal versprei en ‘n verskil maak. Bid asseblief ook vir my en Malethole. Loof die Here saam met ons vir wat HY besig is om te doen!!!!

2 thoughts on “??

  1. Dankie dankie Jesus, ons het gister by die bidsussies vir julle gebid! Ons is diep dankbaar vir sekerheid van geloof en dat hulle dit gaan deel met ander. Sterkte en baie seen. Liefde Bidsussies

Leave a comment