2017

Mag die seën van die Here op almal wees in 2017!

Mag dit neerstort op julle soos die wonderlike reën wat ons in die bosveld beleef.

IMG-20160223-WA0004

Hierdie foto is baie spesiaal want Rita van Potchefstroom het aangedring dat ons moet ry terwyl ons by mense ‘n besoek afgelè het. Omdat sy gereageer het op die dringendheid wat ons Heer op haar hart gedruk het, kon ons hierdie verskynsel beleef. Dit was iets wat die Here wou he ons moet sien.

Ons het baie seën beleef in 2016. Net sewe matrieks kon ‘n volle eksamen afle aan die einde van die jaar, die res moet in Julie vakke skryf waarin hulle gedruip het met die rekord eksamen. Net een van die sewe het gedruip! Almal is in ekstase en baie beter gemotiveerd vir die nuwe jaar.

Die myn wil meer betrokke raak by die skool en daar is ‘n klomp vooruitsigte, soos ‘n biblioteek met nog 20 rekenaars wat beplan word. Hulle wil ook 2 deeltydse onderwysers aanstel in vakke waarin die leerders swak vaar.

Ons weet ons is in ‘n stryd teen die bose, wat meeste van die personeel en leerders verblind, daarom het ons al julle gebede nodig!

Bid asseblief vir ons beskerming en ook dat die Heilige Gees die jaar harte sal aanraak sodat die waarheid van Jesus as ons verlosser bekend sal word. Bid ook dat God ons grondgebied sal vergroot soos wat Jabes gebid het:

1Ch 4:10  En Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: As U my ryklik seën en my grondgebied vermeerder en u hand met my sal wees en U die onheil afweer, sodat my geen smart tref nie! En God het laat kom wat hy begeer het.