2017 ‘n Nuwe begin

Leer eerder hoe om weer goed te doen en sorg dat mense billik en onpartydig behandel word. Help die wat misbruik word en beskerm die regte van die wat nie vir hulself kan sorg en nie al die geleenthede van die lewe het nie.                             Jesaja 1:17 DB

En so begin ‘n nuwe jaar, met nuwe geleenthede. Sommige dinge moet vervang word, soos ons deurmatjie wat modder en grond uit die lokaal moet hou. Ander is nuut soos ‘n plek in die personeelkamer waar ons nuus en resultate kan deel.20170123_065817  20170123_092531

Die beste lesers word bygevoeg en ekstra motivering as ‘n verrrassing vir 2017 se beste lesers word beplan. Ons begin weer van voor af met dissipline, soos byvoorbeeld om in ‘n ry klas toe, kom moet weer ingeskerp word. In ‘n omgewing waar daar geen dissipline is nie, raak dit ‘n reuse taak om dit reg te kry. Ons ondervinding is dat dit ‘n atmosfeer van fokus in die klas skep en ons beter resultate verkry.

20170114_12173820170123_093237

Nuwe begin beteken ook soms dat ons vergeet hoe dit laasjaar gewerk het. Die kleintjies moet die groter stoele by die agterste tafel neem want die laer stoele bly onder die tafels by die rekenaars. By gebrek aan onthou kyk ons maar teen die agterkant van die rekenaars vas.

20170130_113216

Mpho was die beste leser in graad 11 laasjaar en een van die twee van sestien matrieks van 2017, wat graad 11 geslaag het. Die ander 8 is deurgesit op grond van ouderdom en 6 herhaal matriek. Mpho doen baie goed en ons vertrou dat sy goed sal slaag. Maar dan wonder mens oor die toekoms, want Moses, beste leser in matriek 2016, en een van die twee wat met universiteitstoelating gelaag het, het op die staduim geen vooruitsig om verder te leer en ook geen werksvooruitsig nie. Net soos Vinolia, wat 2015 die beste leerder was en ‘n hele jaar niks gedoen het nie, het die kinders wat in ‘n plaasgemeenskap groot word, geen ondersteuning om hul volle potensiaal te bereik nie. Hul blootstelling aan iets groter as hulle onmiddelike omgewing is uiters beperk. Die kollege in Thabazimbi wat beloftes van beurse gemaak het, het glo toegemaak.

20161201_13005120161201_130020 (2)

Bid asseblief saam met ons dat die Heer deure sal oopmaak vir hierdie kinders se toekoms sodat hulle menswaardige lewens mag lei.

Totsiens 2016

Die jaar is afgesluit met ‘n grade plegtigheid vir graad R. Continental Myn het die skoolsakke geborg en die skool se personeel het die saal versier. Dit was spoggerig.

image20161130_113006image

Die prysuitdeling was ook ‘n groot sukses. Die myngroep het gesorg vir ‘n kospak vir die beste leerling in elke graad terwyl die skool die sertifikate verskaf het.

image20161201_102340

Die beste lesers vir 2016 het elkeen ‘n boekprys en ‘n foto met die wisseltrofeë gekry: Beste leser graad 12 en graad 1.

image20161201_095945

Die merinba groep en Anika la Grange het gesorg vir ‘n spesiale atmosfeer.

20161201_09233320161201_120145

Een van die ouers het opgemerk dat baie verander het sedert die rekenaar sentrum begin het. Mag ons Here se lig deurbreek en almal Sy waarheid besef en mag 2017 nog n groter impak op die toekoms van die kinders inhou.

Bid asseblief saam met ons.

(Jak 5:16b) Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.