Oktober, die mooiste maand.

IMG-20150926-WA0006 - Copy

20150926_111936

      

IMG-20151010-WA0013 - Copy

Ayla en ouma Freda het verjaar!

Dit is ‘n groot voorreg om die dag te vier wat die Heer mens in die lewe geroep het. My wens is dat Ayla ook oor 60 jaar die vrede en vreugde mag beleef wat haar ouma ken.

20151012_080534

Die skool het geopen en die laaste kwartaal spoed verby. Daar was geen voorvalle gedurende die vakansie nie. Die beste lesers in elke graad het ‘n pen ontvang tydens opening. Die matrieks het die hele vakansie onder toesig van die personeel gestudeer tydens ‘n kamp. Net 9 van die 24 het die rekord eksamen geslaag.

Donderdag is ‘n graad 2 seuntjie raakgery. Hy het kop beserings opgedoen. Dink asseblief aan hom. Die graad 12 leerder wat die beste gedoen het die derde kwartaal doen swak in die klas. Gloria, een van die onderwyseresse, het die observasie gedoen dat die rekenaar niemand kan voortrek nie. Baie skerp, want dit is wat ons geleer het tydens ons opleiding! Louisa se verduideliking was dat ons elke dag bid dat die Heilige Gees in ons lokaal sal werk en dat al die geeste aan die werk in klasse die leerders verhinder om te leer.

20151016_085448 - CopyDalk het sy ‘n punt beet want die graad 3 juffrou doen dieselfde as ons en haar klas se 2 groepe is die enigste wat selfgedissiplineerd in hul ry, volgens hul nommers, opdaag by die sentrum. Dit was ook een van hulle wat Vrydag hierdie piepklein, hartjie-vormige knopie, in my hand gedruk het toe hulle uitloop.  Hierdie geskenkie maak alles die moeite werd en bring steeds ‘n traan in my oog.

20151015_085514 - Copy

Die wiskunde besorg vir ons ‘n groot kopseer. Die meeste kinders werk met strepies uit hoeveel is 10+9. Om nie eers te praat van vermenigvuldiging en deel nie! Dit beteken dat sommige graad 5 leerders nie eers op graad een vlak kan werk. Die graad 7’s kon nog nie een eenheid van die eerste les voltooi nie. Ons krap kop, kry YouTube videos om konsepte te verduidelik, bid baie en toe sien ek weer die diagnostiese toetse wat ons program kan doen. Dus begin ons onder en sal die resultate uitdruk en aan die waarnemende hoof oorhandig.

Klaas van graad 7 was die beste student sover in hoof rekeninge. Hy het 62 plus somme in 3 minute gedoen en 100% gekry. Ons is almal baie trots op hom.

Steeds hou ons vas aan ons God vir wie die onmoontlike moontlik is. Bid asseblief saam vir die kinders en personeel om hierdie waarheid te besef. En vir die eind eksamen vir graad 12 wat op 26 Oktober begin!!

2 thoughts on “Oktober, die mooiste maand.

  1. Baie geluk! En baie sterkte aan julle in die onderwys wat dit vir die regte redes en uit liefde doen – nie om net ‘n werk te hê nie! Dit vat ‘n spesiale mens om te kan deurdruk al is die resultate nie altyd na wense nie. Maar dan is ‘n klein “hartjie-knoop” wat met opregtheid gegee word, ook vrugte van goeie voorbeeld gestel en liefde wat gegee word wat in geen aardse kirrikulum voorgeskryf word nie…!

Leave a comment