November: vrug op ons arbeid!

Die einde is in sig. Wat ons gesaai het in die jaar sal nou geoes word. Dit geld vir onderwysers, maar ook vir die kinders! 20151021_08383220151021_085201

 

 

 

 

Die matrieks sal nou die vrug pluk op hulle arbeid tydens die eksamen. Sommige van hulle daag steeds op by die sentrum wanneer dit hul periode is. Tydens die laaste periode voor die eksamen het ons hulle bygestaan om ‘n epos adres op te stel. Die vaardighede wat hul by die leesprogram opgedoen het het handig te pas gekom. En niemand het ‘n adres soos “sugerlips” gebruik nie. Die adres sal tot hul waardigheid bydra wanneer hulle vir werk ens. sou aansoek doen.

20151023_114407Ons het vir elkeen ‘n boekmerk met ‘n boodskap gemaak en ‘n pen daaraan geheg. Groot was die verbasing toe die waarnemende hoof dieselfde vers gebruik vir sy boodskap. Die Heer het dit vasgeknoop aan hulle harte:  Spreuke3:5 ,6 Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.

Opmerklik is dat elkeen elke keer se die vraestel was maklik. Net jammer dat die punte nie altyd daarby pas. Ons bid en vertrou dat meer hierdie jaar slaag!

20151103_132454

20151103_132550

 

 

 

 

Louisa maak enduit ‘n groot verskil met die Graad R kinders. Sy maak hulpmiddels uit oorskietpapier en werk sonder enige leiding. Die evaluasie van elke kind moet op die internet ingelees word. Ek het eenkeer vir haar gewys hoe en sy neem eienaarskap. Ons sien uit na hierdie groepie volgende jaar!!!

Die leesvaardighede van die meeste kinders het bo verwagting verbeter en ons is baie dankbaar daarvoor. Wiskunde is nog steeds op diagnostiese vlak en hier is groot leemtes. Graad 5 werk op graad 1 vlak en minder as die helfte van die klas het bo 50%. Veral datahantering is ‘n onbekende deel van wiskunde. Dus sal ons volgende jaar baie aandag hieraan moet gee, veral vir die laerskoolgroepe.

Die skool het vir Malethole ‘n pos as wiskunde onderwyser in die laerskool aangebied vir volgende jaar en sy het dit met groot opgewondenheid aanvaar. Dit sal ons baie help want sy ken die programme en ons sal lekker saamwerk. Irene, die admin dame by skool het ‘n paar weke gelede haar CV vir my gebring. Sy het nie onderwysopleiding nie, maar wel rekenaar, projekbestuur en menslike hulpbron bestuur diplomas. Dit sal dalk ‘n goeie ruil wees.

Pad vorentoe:

Die myn het aangedui dat hulle ‘n tweede sentrum in Januarie wil begin. Hulle het gevra dat ek na Rooiberg Laerskool gaan en verslag gee oor die moontlikheid van ‘n sentrum daar.

20151106_114418

20151106_113744

 

 

 

 

 

 

Koos Mosimo is die hoof van die skool met 334 leerders van graad R tot7. Rooiberg is ‘n klein dorpie met minder as 3000 inwoners en is 40 km van Naletsana af. Almal vat hande en die hele gemeenskap werk saam. Die skool het ‘n lokaal, maar dit word nie vir rekenaars aangewend nie. Hulle sal die hulp baie waardeer want hulle voel die wêreld daar buite vergeet van hulle omdat hulle afgeleë is. Die hoerskool het 150 leerders met 22 matrieks en funksioneer op ‘n ander perseel.

Tydens ‘n vergadering in Pretoria is bespreek hoe die pad vorentoe sal wees. Magdaleen, ‘n sendeling wat ‘n paar jaar in Viëtnam gewerk het, is genoem as ‘n moontlike konsultant. Ons moet ‘n konsultant, twee assistente en nog ‘n persoon vir die kleuterafdeling by die tweede skool vind. Baie opleiding, net om die sentrums aan die gang te kry vir 2016, sal gedoen moet word. Dan moet al hierdie persone, ekself inkluis, nog die kursusse van Stimulus Maksima! voltooi.

Ons is almal opgewonde oor dit waarmee die Heer besig is en geniet dit om te ervaar hoe die legkaartstukke in mekaar pas. Bid asseblief saam vir die regte persone om deel te word van hierdie projek wat ‘n groot verskil in die lewe van kinders kan maak en tot voordeel van die gemeenskappe kan wees.

Leave a comment