Eerste kwartaal 2016

Dit was ‘n dol tyd tot hier. Maandag begin ek en Louisa met die kleuterkursus, BBO, in Pretoria. Ek het paar minute gelede die laaste aanlyn opdrag vir die Wiskunde kursus gedoen.

Dus kan ons opvang op al die goeie nuus.

20160215_16123020160216_110332

Juffrou Freda was gebless met ‘n Valentyn geskenk. Dis wonderlik om te sien wat ons Here besig is om op te rig. Ons wil graag die wereld oopmaak vir hierdie kinders en die briefie van Khatliso in graad 2 is bevestiging van ons Here se werk.

20160218_141106

Die video opnames het goed afgeloop. Die graad 12, 9 en 5B groepe het pragtig saam gewerk. Soos normaalweg  het daar goed skeef geloop, maar die kameraspan het belowe hulle kan flaters weg dokter. EK het eerstehandse kennis van die aanlyn opleiding van die wiskunde programme en die feit dat ek ondervinding het in die praktiese toepassing het my baie gehelp. Hierdie videos is dan gemik vir hierdie aanlyn opleiding sodat die studente kan sien hoe alles toegepas moet word.

Die personeel het ons ook ondersteun en ons beleef hulle aanvaarding en ondersteuning. Die hoof het ‘n verslag saamgestel oor die invloed van die rekenaarsentrum op die skool. Die personeel sien die verbetering in lees- en taalvaardighede en ook in wiskunde. ‘n Verrassing was dat hulle ondervind die leerders is netjieser op hulself en dat die skool terrein ook skoner is. Die afwesighede het afgeneem en ook die laatkommery. Gesien in die lig van die algemene daling in die slaagsyfer van matrieks in 2015, was Nalestana se daling 9%, waar ander skole in die omgewing se daling 14% en 34% was.

Ons is dus opgewonde oor die vordering, ook gesien in die leesvlakke wat geweldig verbeter het. In die graad 8 groep lees ongeveer 15 van die 76 leerders op graad 8. Nou kan ons aan die spoed van lees begin werk. Baie van die ander groepe mik nou ook om op hulle vlakke te lees en ons sien uit na die einde van die jaar!!!!

 

 

DIE HERE VOORSIEN:

Skielik en onverwags kom Lotta, die direkteur en ontwikkelaar van Stimulus Maksima! se dogter, Christine, terug van Amerika waar sy “au pair” het. Sy beleef Nalestana saam met die video opname en verloor haar hart. Sy is toe ook genooi vir ‘n onderhoud vir die nuwe pos en was suksesvol. Sy het groot geword met die programme waarmee ons werk en het gehelp met opleiding. Sy het ‘n graad in sielkunde en wil graag verder studeer en fokus op kinders in agtergeblewe gemeenskappe. Sy het ‘n hart vir sending en was op ‘n paar uitreike. En so begin sy die 1e Maart help in die sentrum. Ek was buite aksie met ‘n infeksie in die mond na ‘n tand getrek is en Christine is aan die diepkant ingegooi. Die kinders is dol oor haar en sy laat hulle saampraat.

Hieruit kan ons weereens leer: Die Here is in beheer! Hy bring uitkoms op Sy tyd! Vertrou en wees stil!!

Leave a comment