Tweede Kwartaal 2016

Maart en April is in ‘n waas verby.

20160318_221940Al my en Louisa se eksamen, kursusse en praktiese sessies het baie goed afgeloop. Eintlik beter as goed en ons prys ons Here daarvoor. Louisa was volgens haar nog nooit skeppend nie, maar die Here het haar geseën met kreatiwiteit wat ons almal verstom het. Louisa is die eerste swart persoon wat ooit in die 20 jaar die kleuterkursus slaag. Die Gees van Here rus voorwaar op haar.

Ons verblyf was baie netjies en ons het net ‘n paar tree gestap na die lokaal waar ons opleiding ontvang het. Ons praktiese lesse was weereens opgeneem. Omdat dit kinders was wat ons glad nie geken het nie, was mens so gefokus dat die kameras glad nie gepla het nie.

IMG-20160325-WA0002

20160324_090737

Darem ‘n bewys dat Ouma Freda ook deel van die kursus was. Buiten al die uitdagings en baie min slaap, was alles rondom hierdie kleute kursus asook die wiskunde een ongelooflik verykend.

Lotta is ‘n voorbeeld van profesionaliteit, uitnemendheid en menslikheid, met hope pret by. Ons almal het die Here se teenwoordigheid deur hierdie klomp weke beleef.

 

20160208_114631

Soms het ons baie pret soos die keer toe die graad een klas vir die eerste keer agter die rekenaars moes inskuif. Hulle kon nie hierdie ene uitwerk nie.Smile

Na die nuwe kennis wat saam met die kursus gekom het, het ons die graad een groep verder opgedeel en op die kleuterprogram geregistreer. Meeste van hulle is nie skoolgereed nie en hopenlik sal ons kan help sodat hulle leesvaardighede kan verbeter.

20160415_08084120160411_121001

Dit verg rondhardloop van ons al vier af, maar buiten rekenaarvaardighede, leer hulle van goed soos kleur en vorms. Louisa moes ook haar 46 kleuters opdeel sodat hulle in groepe pas met diselfde vermoeëns.

Christine se vaardighede in die sentrum is kosbaar. Tussen haar en Malethole help hulle die kinders om moeilike wiskundige bewerkings baas te raak. Ons moet eintlik net ondersteuning aan die onderwysers bied, maar ons sukkel al 3 weke dat die kinders die diagnostiese toetse se eerste deel klaar maak en dit op 2 vlakke laer as hulle graad. Die basiese beginsels van wiskunde is glad nie vasgelê nie.

Die laerskool klasse is besig om die fonetiese alfabet te ontdek. Ons klank woorde met almal en hoop en bid dit help om lees te verbeter. Die sekondêre skool doen bo verwagting goed. 12 leerders van graad 8 lees op graad 8 vlak en ‘n hele klomp een vlak onder. Selfs in die ander grade lees ‘n hele klomp leerders een of twee vlakke onder hulle graad. Dit is heeltemal aanvaarbaar waar Engels nie die moedertaal is nie. Ons is besig met studie metodes en bid dat die leerders gemotiveer kan word om wel te studeer!

Christien en ek het ‘n ‘Refresh’ kamp in Potchefstroom bygewoon en daarna ‘n ‘Ancient Path’ seminaar. Dis heerlik en bevrydend om ons Vader op nuwe maniere te ontdek. Sy Woord is waar en seker en Sy manier om met ons te praat is reguit:

Mat 18:3  en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!

Net so eenvoudig is dit!!!

Leave a comment