2017 ‘n Nuwe begin

Leer eerder hoe om weer goed te doen en sorg dat mense billik en onpartydig behandel word. Help die wat misbruik word en beskerm die regte van die wat nie vir hulself kan sorg en nie al die geleenthede van die lewe het nie.                             Jesaja 1:17 DB

En so begin ‘n nuwe jaar, met nuwe geleenthede. Sommige dinge moet vervang word, soos ons deurmatjie wat modder en grond uit die lokaal moet hou. Ander is nuut soos ‘n plek in die personeelkamer waar ons nuus en resultate kan deel.20170123_065817  20170123_092531

Die beste lesers word bygevoeg en ekstra motivering as ‘n verrrassing vir 2017 se beste lesers word beplan. Ons begin weer van voor af met dissipline, soos byvoorbeeld om in ‘n ry klas toe, kom moet weer ingeskerp word. In ‘n omgewing waar daar geen dissipline is nie, raak dit ‘n reuse taak om dit reg te kry. Ons ondervinding is dat dit ‘n atmosfeer van fokus in die klas skep en ons beter resultate verkry.

20170114_12173820170123_093237

Nuwe begin beteken ook soms dat ons vergeet hoe dit laasjaar gewerk het. Die kleintjies moet die groter stoele by die agterste tafel neem want die laer stoele bly onder die tafels by die rekenaars. By gebrek aan onthou kyk ons maar teen die agterkant van die rekenaars vas.

20170130_113216

Mpho was die beste leser in graad 11 laasjaar en een van die twee van sestien matrieks van 2017, wat graad 11 geslaag het. Die ander 8 is deurgesit op grond van ouderdom en 6 herhaal matriek. Mpho doen baie goed en ons vertrou dat sy goed sal slaag. Maar dan wonder mens oor die toekoms, want Moses, beste leser in matriek 2016, en een van die twee wat met universiteitstoelating gelaag het, het op die staduim geen vooruitsig om verder te leer en ook geen werksvooruitsig nie. Net soos Vinolia, wat 2015 die beste leerder was en ‘n hele jaar niks gedoen het nie, het die kinders wat in ‘n plaasgemeenskap groot word, geen ondersteuning om hul volle potensiaal te bereik nie. Hul blootstelling aan iets groter as hulle onmiddelike omgewing is uiters beperk. Die kollege in Thabazimbi wat beloftes van beurse gemaak het, het glo toegemaak.

20161201_13005120161201_130020 (2)

Bid asseblief saam met ons dat die Heer deure sal oopmaak vir hierdie kinders se toekoms sodat hulle menswaardige lewens mag lei.

Totsiens 2016

Die jaar is afgesluit met ‘n grade plegtigheid vir graad R. Continental Myn het die skoolsakke geborg en die skool se personeel het die saal versier. Dit was spoggerig.

image20161130_113006image

Die prysuitdeling was ook ‘n groot sukses. Die myngroep het gesorg vir ‘n kospak vir die beste leerling in elke graad terwyl die skool die sertifikate verskaf het.

image20161201_102340

Die beste lesers vir 2016 het elkeen ‘n boekprys en ‘n foto met die wisseltrofeë gekry: Beste leser graad 12 en graad 1.

image20161201_095945

Die merinba groep en Anika la Grange het gesorg vir ‘n spesiale atmosfeer.

20161201_09233320161201_120145

Een van die ouers het opgemerk dat baie verander het sedert die rekenaar sentrum begin het. Mag ons Here se lig deurbreek en almal Sy waarheid besef en mag 2017 nog n groter impak op die toekoms van die kinders inhou.

Bid asseblief saam met ons.

(Jak 5:16b) Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.

2017

Mag die seën van die Here op almal wees in 2017!

Mag dit neerstort op julle soos die wonderlike reën wat ons in die bosveld beleef.

IMG-20160223-WA0004

Hierdie foto is baie spesiaal want Rita van Potchefstroom het aangedring dat ons moet ry terwyl ons by mense ‘n besoek afgelè het. Omdat sy gereageer het op die dringendheid wat ons Heer op haar hart gedruk het, kon ons hierdie verskynsel beleef. Dit was iets wat die Here wou he ons moet sien.

Ons het baie seën beleef in 2016. Net sewe matrieks kon ‘n volle eksamen afle aan die einde van die jaar, die res moet in Julie vakke skryf waarin hulle gedruip het met die rekord eksamen. Net een van die sewe het gedruip! Almal is in ekstase en baie beter gemotiveerd vir die nuwe jaar.

Die myn wil meer betrokke raak by die skool en daar is ‘n klomp vooruitsigte, soos ‘n biblioteek met nog 20 rekenaars wat beplan word. Hulle wil ook 2 deeltydse onderwysers aanstel in vakke waarin die leerders swak vaar.

Ons weet ons is in ‘n stryd teen die bose, wat meeste van die personeel en leerders verblind, daarom het ons al julle gebede nodig!

Bid asseblief vir ons beskerming en ook dat die Heilige Gees die jaar harte sal aanraak sodat die waarheid van Jesus as ons verlosser bekend sal word. Bid ook dat God ons grondgebied sal vergroot soos wat Jabes gebid het:

1Ch 4:10  En Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: As U my ryklik seën en my grondgebied vermeerder en u hand met my sal wees en U die onheil afweer, sodat my geen smart tref nie! En God het laat kom wat hy begeer het.

Dit maak nie sin nie!

By ons skool word daar nog met skriflesing en gebed geopen. Meeste van die personeel behoort aan die kerk met die groen lappie met die ster op. Die vorige hoof het gewaarsku dat sommige personeel en kinders “witchcraft” op die skoolgronde beoefen en ons het goed beleef wat onnatuurlik is. Daarom luister ek aandagtig wanneer die woord van ons Here verkondig word, maar vind niks verkeerd met die boodskappe nie.

Tot ons ‘n belewenis gehad het 2 weke gelede. Ons 4 in die sentrum bid elke dag ernstig vir die Here se teenwoordigheid en beskerming vir almal by die skool. Ons bid ook dat die waarheid, naamlik dat Jesus die enigste weg na God is, vir almal duidelik sal wees.

Daarom het ons ook gebid dat die Here saam met die matrieks in die saal sal wees wanneer hulle hul eindeksamen skryf. Tydens die opening, waar Ds Marco le Grange, ons nuwe NG predikant, ook by was, raak een van die meisies, Suzan, baie snaaks. Een van die ouer onderwysers sit haar agterna en ek hou hul dop tot ek voel ek moet gaan help. Die vrou sit haar groenlappie met die ster op voor in Suzan se klere, ek bid Jesus se bloed oor Suzan. Die eienaar van die snoepie, ook groen lappie op sy hemp, kom by en hulle sleep Suzan weg. Sy kom later terug, kalm, met iets wat bo-oor haar gestrooi is.

Die volgende dag vind Gloria, n onderwyser wat soms saam met ons bid, ‘n verskoning om iets sentrum toe te bring en vra sy wil met my praat. Sy vertel toe dat die hele bestuurspan van die skool, nog ander personeel en mense, die aand allerhande rituele by die skool gedoen het om die skool “skoon” te maak. Sy is hewig ontsteld en Louisa ook, want hulle ken hierdie gebruike. Ons staan verstom, want uit die Bybel lees soggens, klink dit asof ons dieselfde Here dien. Maar ons besef weereens dat ons in ‘n stryd gewikkel is.

Tydens ons vier se saam lees en bid in die sentrum, breek ons harte. Suzan het haar hart vir die Here gegee, maar word deel gemaak hierdie bose aanbidding. Sy kom later die dag sentrum toe, nie om soos die ander ‘n epos adres oop te maak nie, nee, sy voltooi haar werk op die leesprogram. Later kom staan sy styf teen my en sit haar arm om my skouer. Was Jesus by haar, het sy gehoor toe ek gebid het? Hoe maak mens sin uit hierdie gebeure. Ons ervaar woede en voel om almal storm te loop, maar ons weet ons moet uit gehoorsaamheid optree.

Die boodskap wat ons met mekaar deel die volgende dag is dieselfde; wys, leef en doen LIEFDE. Die volgende het my weereens laat besef: ons stryd is nie teen vlees en bloed.

2Kor 4:3-4  Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan, naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.

Bid asseblief saam dat die waarheid sal deurbreek en dat hierdie en ander groepe soos hulle, los sal kom uit hulle hopelose situasie. Een van armoede, meisies wat babas kry, seuns wat dalk nie eers weet hulle is pa’s nie, geen visie of dryfkrag om te studeer of te werk nie, dwelmmisbruik en sommer ‘n algemene gevoel wat nikswerd wees nie. Mag hier ‘n generasie opstaan wat anders dink!!!!

Derde kwartaal

Die tyd glip by ons verby en net so is ons in die laaste deel van 2016.

Nuus oor die derde kwartaal is:

imageimage

Van graad 2 tot 7 het hard gewerk aan die fonetiese klanke van letters sodat hulle kan leer om woorde te klank. Ons het ongelooflike vordering met graad 3 gesien, waar die helfte van die 70 leerders spontaan lees wat op die skerm verskyn. Slegs 13% van die graad 4-7 groep lees op vlak of een graad onder hulle graad en ons besef dat hulle weinig Engelse woordeskat besit. Christine en ek het nuwe lesse vir Reading Rocket geskep wat aangepas is by wat die kinders in die omgewing beleef.

Graad 8-12 het aan taaloefeninge gewerk. 35% van hulle lees op hul graad of een vlak onder wat vir ons uitstekend is. Die leerders het baie swak gevaar in die halfjaar eksamen, net 2 van die 75 graad 8 leerders slaag, geen graad 9, ‘n paar in graad 10, 7 van die 10 graad 11’s en 3 van die 20 matrieks. Daar was die hele jaar 2 onderwysers te kort in die sekondêre fase. Van die klasse was meestal sonder ‘n onderwyser as mens verby stap.

imageimage

Beide graad 1 en graad R het die BBO program gevolg en die graad R groep, wat meer gereeld klasse het, het beter gevaar as die graad 1’s. Van hierdie graad R leerders het reeds van die klanke soos S en A begin aanleer. Hulle is 100% skoolgereed. Lynette, van Madagaskar, het nuus gestuur dat die graad R groep van hulle skool almal kon lees voordat hulle nou graad 1 toe is. Mag dit ook hier gebeur!!!!

Die wiskunde bly ‘n kopseer. Buiten die gebrek aan Engelse woordeskat, het tot graad 9 ‘n baie swak begrip van syfers. Christine haal allehande toertjies uit en ons bid en vertrou dat daar erens ‘n lig deurbreek.

image image

Dis ‘n groot seën met Christine, wie groot geword het met rekenaars en internet, in die sentrum, en ook omdat ons nou twee is wat die klasse deel!! Van die leerders het begin navorsing doen vir hul projekte. Dit gebeur op die 4 rekenaars voor in die sentrum, agter die skerm, en in klastyd. En so het twee YouTube, sonder klank, ontdek. Malethole het op hulle afgekom waar hulle na ‘n uittreksel uit ‘n Amerikaanse fliek kyk, en die beelde het Maletole erg ontstel. Ek het Maandag die kennisgewing opgesit. Sonder dat die twee seuns se name bekend gemaak is, het hulle self na vore gekom en om verskoning kom vra. Een van die onderwyseresse het geweet en hulle versoek om ‘n brief ook te skryf. 

Dis seker die grootste deurbraak! Maar dit kan nie gemeet word nie en die myngroep soek bewyse van vordering. Dus werk ons die laaste kwartaal aan toetse om te bepaal waar leemtes bestaan in die leerders se Engels, sodat ons vir aanvulling kan beplan vir volgende jaar.

Dit bly ‘n reuse uitdaging en ons vra dat julle steeds aan ons sal dink!

Jas 5:16b    Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.

Gebed maak die onmoontlike moontlik

IMG-20160429-WA0000

Ons het die afgelope klomp weke weer die krag van gebed beleef. Dankie vir almal wat hierdie “battle” saam met ons veg!

Amper 40 van die ongeveer 166 hoërskool leerders lees op hulle graad of een graad onder!! Dit is ‘n wonderwerk!! Menslike gesproke onmoontlik! Hulle kan met ander woorde ‘n leestuk in Engels lees wat op hul graad se vlak is, of een jaar onder en dan kan hulle ‘n begripstoets beantwoord met 80% of meer vrae korrek. Die leesspoed is steeds op graad een of twee. Maar vir kinders wat net Engels hoor wanneer hulle in die Engelse klas op skool is, en wat nooit lees nie, is dit bo ons verwagting. Ons hou nou styf duimvas vir die matrieks wat eksamen skryf en bid ernstig dat hulle beter doen as vorige jare.

Die laerskool se leesvaardighede is uiters swak. So swak dat ons almal terug neem na die fonetiese klank van woorde. Omdat ons kinders se blootstelling aan Engels so swak is, het Christine en ek besluit om nuwe lesse te ontwikkel wat bestaan uit begrippe meer bekend vir ons omgewing. Mandy Mermaid se les het verander na Mina Monkey en ons gebruik dieselfde les met ekstra sinne by vir die ouer kinders. My ondervinding in Madagaskar, waar ek lesse moes inlees in Malgassies, kom ons dus handig te pas. So het ons Here geweet terwyl Hy my voorberei het.

20160609_085404

Joey van Leeupoort het vir ons ‘n ou rekenaar geskenk. Malethole het al die boeke wat al geskenk is vir ons op hierdie rekenaar ingelees. Sodra die skool ‘n lokaal kry wat as biblioteek gebruik kan word, is ons dus al halfpad. Die lokaal is ‘n vae moontlikheid, maar hoe en wie die biblioteek gaan bedryf is nog glad nie duidelik nie. Daar is ‘n paar kinders wat gereeld kom boeke “uitneem” en hulle moet eers vir Malethole die storie vertel voor hul nog ‘n boek kan kry.

Beide Malethole en haar man, pastoor Matela, het hulle werkspermitte gekry na meer as ‘n jaar se sukkel.

Die wisselvalligheid van die land se ekonomie raak ook die myn wat die sentrum befonds en ons bid dat hulle steeds geseën sal word sodat die projek kan voortgaan. Met die koue is die armoede waarin meeste kinders verkeer duideliker. Die toename in dwelmgebruik vertel van kinders wat sonder hoop is. Soms wil mens net blind en doof wees vir die omstandighede waaraan mens niks kan doen.

Maar dan vertel Louisa met blink oë dat haar ma (wat 9 kinders het, kleinste is 2 jaar, en wat weggeloop het) teruggekom het. Sy het, nadat ons saam met Louisa gebid het, opgehou drink en dis nou al ‘n paar weke dat sy glad nie drink nie en volgens Louisa groot vrede het. Ek het ‘n klomp wol en breinaalde gekoop en ons hoop om Louisa se ma aan die brei te kry – serpe vir ons skoolkinders. Hoe dit gaan werk weet ons nie, maar ons vertrou dat die Heer reeds ‘n plan het en dat iets van Sy liefde hier sigbaar gaan word.

Oor 3 dae sluit die skool. Ons sien almal uit na die vakansie. Ouma Freda gaan vir haar kleinkind in die Kaap kuier, Christine doen die kursus van Reading Rocket, Malethole sien haar kinders in Lesotho en Louisa gaan saam met haar ma brei!

Mag julle ook almal ‘n tyd van rus en vrede beleef in hierdie koue tyd van die jaar. Mag ons rus vind in ons Here!!

GEBED

Fil 4:6  Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.

Baie dankie vir al julle gebede. Saam is ons besig om ‘n verskil te maak.

Ons ervaar ‘n groot verskil in die sentrum wanneer ons bid. Soos byvoorbeeld: Innocent in graad 9 was glad nie so onskuldig nie, ‘n gesindheid wat teen alle ordentlikheid indruis. Hy is gedreig, gevra om die klas te verlaat en toe ons nie meer raad het nie, bid ons! Hoekom! – al ken mens die krag van gebed – is dit nie die eerste stap nie????

Uitslag: Gebed 1; Innocent 0.

Skielik loop hy selfs anders, stel belang in die lesse EN doen uitstekend!! Hy vra hulp tydens Wiskunde en toe hy steeds nie verstaan nie, vra hy weer!!

Nog ‘n uitslag: Gebed 100; Ons 0

Ons begin die kinders wat ons harte raak se name in ‘n boek skryf en BID. Louisa ken die kinders en gee meer inligting.

Twee van die name is boeties, twee pragtige seuns, al is hulle vanne anders. Hulle is hoërskool leerders. Hulle is by hulle tannie geplaas, maar sy laat hulle soos slawe werk. Haar eie kinders kry voorkeur.

Een seuntjie in graad R sny uit vir kort rukkies. Dalk Petit Mal epilepsie? Sy ouers is Louisa se bure. Hulle sorg nie eers vir die basiese behoeftes van die kinders nie. ‘n Gesprek met hulle sal nie werk nie! Klein Andries in graad een het dooie oë, daar is nie eers ‘n geringe glinstering en hy glimlag glad nie.

Ons lysie groei!

Vandag vra Elina of ek asseblief met Moses, die uitblinker in graad 12 sal praat. Soos die gewoonte slaap die graad 12’s by die skool tydens eksamen. Sy beduie dat hy aan asma ly maar nie sy pompie gebruik nie en sy laat hom dadelik roep. Na ‘n paar sinne sè hy dat hy sleg voel. Ons gaan sit in die sentrum en ek Google asma. Hy besef die gevaar waarin hy verkeer en ek besef hy is in ‘n slegte toestand. Met die nodige toestemming neem ek hom gou kliniek toe. Hy kry ‘n pompie, ‘n preek en opdrag om Vrydag die dokter te sien! Oppad terug bespreek ons hoekom hy nie sy medisyne by die skool het nie. Die kinders spot en maak dit moeilik! Ek wonder hoe dit gegaan het met die vraestel, wat hy net daarna geskryf het???

Terug by die sentrum bid ons 4 vir die matrieks, maar Louisa bid ook vir die hele skool en al die kinders op medikasie. Baie kinders neem medisyne, soos vir TB, VIGS, asma en nog ander. Selfs die onderwysers maak dit vir hulle moeilik, nie net die maats nie.

Die kliniek is so 2 km van die skool af oppad Thabazimbi toe. Baie van die kinders moet self sorg dat hulle daar kom en medisyne kry want die ouers gee nie om nie. Die kliniek het al gereel dat die kinders pouse kan kom, want meeste van die 600 plus kinders, bly ver en daar is geen taxies wat loop.

So groei die lysie van uitdagings en hartseer ook!

Bid asseblief saam vir hierdie gebroke gemeenskap!!!

Tweede Kwartaal 2016

Maart en April is in ‘n waas verby.

20160318_221940Al my en Louisa se eksamen, kursusse en praktiese sessies het baie goed afgeloop. Eintlik beter as goed en ons prys ons Here daarvoor. Louisa was volgens haar nog nooit skeppend nie, maar die Here het haar geseën met kreatiwiteit wat ons almal verstom het. Louisa is die eerste swart persoon wat ooit in die 20 jaar die kleuterkursus slaag. Die Gees van Here rus voorwaar op haar.

Ons verblyf was baie netjies en ons het net ‘n paar tree gestap na die lokaal waar ons opleiding ontvang het. Ons praktiese lesse was weereens opgeneem. Omdat dit kinders was wat ons glad nie geken het nie, was mens so gefokus dat die kameras glad nie gepla het nie.

IMG-20160325-WA0002

20160324_090737

Darem ‘n bewys dat Ouma Freda ook deel van die kursus was. Buiten al die uitdagings en baie min slaap, was alles rondom hierdie kleute kursus asook die wiskunde een ongelooflik verykend.

Lotta is ‘n voorbeeld van profesionaliteit, uitnemendheid en menslikheid, met hope pret by. Ons almal het die Here se teenwoordigheid deur hierdie klomp weke beleef.

 

20160208_114631

Soms het ons baie pret soos die keer toe die graad een klas vir die eerste keer agter die rekenaars moes inskuif. Hulle kon nie hierdie ene uitwerk nie.Smile

Na die nuwe kennis wat saam met die kursus gekom het, het ons die graad een groep verder opgedeel en op die kleuterprogram geregistreer. Meeste van hulle is nie skoolgereed nie en hopenlik sal ons kan help sodat hulle leesvaardighede kan verbeter.

20160415_08084120160411_121001

Dit verg rondhardloop van ons al vier af, maar buiten rekenaarvaardighede, leer hulle van goed soos kleur en vorms. Louisa moes ook haar 46 kleuters opdeel sodat hulle in groepe pas met diselfde vermoeëns.

Christine se vaardighede in die sentrum is kosbaar. Tussen haar en Malethole help hulle die kinders om moeilike wiskundige bewerkings baas te raak. Ons moet eintlik net ondersteuning aan die onderwysers bied, maar ons sukkel al 3 weke dat die kinders die diagnostiese toetse se eerste deel klaar maak en dit op 2 vlakke laer as hulle graad. Die basiese beginsels van wiskunde is glad nie vasgelê nie.

Die laerskool klasse is besig om die fonetiese alfabet te ontdek. Ons klank woorde met almal en hoop en bid dit help om lees te verbeter. Die sekondêre skool doen bo verwagting goed. 12 leerders van graad 8 lees op graad 8 vlak en ‘n hele klomp een vlak onder. Selfs in die ander grade lees ‘n hele klomp leerders een of twee vlakke onder hulle graad. Dit is heeltemal aanvaarbaar waar Engels nie die moedertaal is nie. Ons is besig met studie metodes en bid dat die leerders gemotiveer kan word om wel te studeer!

Christien en ek het ‘n ‘Refresh’ kamp in Potchefstroom bygewoon en daarna ‘n ‘Ancient Path’ seminaar. Dis heerlik en bevrydend om ons Vader op nuwe maniere te ontdek. Sy Woord is waar en seker en Sy manier om met ons te praat is reguit:

Mat 18:3  en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!

Net so eenvoudig is dit!!!

Eerste kwartaal 2016

Dit was ‘n dol tyd tot hier. Maandag begin ek en Louisa met die kleuterkursus, BBO, in Pretoria. Ek het paar minute gelede die laaste aanlyn opdrag vir die Wiskunde kursus gedoen.

Dus kan ons opvang op al die goeie nuus.

20160215_16123020160216_110332

Juffrou Freda was gebless met ‘n Valentyn geskenk. Dis wonderlik om te sien wat ons Here besig is om op te rig. Ons wil graag die wereld oopmaak vir hierdie kinders en die briefie van Khatliso in graad 2 is bevestiging van ons Here se werk.

20160218_141106

Die video opnames het goed afgeloop. Die graad 12, 9 en 5B groepe het pragtig saam gewerk. Soos normaalweg  het daar goed skeef geloop, maar die kameraspan het belowe hulle kan flaters weg dokter. EK het eerstehandse kennis van die aanlyn opleiding van die wiskunde programme en die feit dat ek ondervinding het in die praktiese toepassing het my baie gehelp. Hierdie videos is dan gemik vir hierdie aanlyn opleiding sodat die studente kan sien hoe alles toegepas moet word.

Die personeel het ons ook ondersteun en ons beleef hulle aanvaarding en ondersteuning. Die hoof het ‘n verslag saamgestel oor die invloed van die rekenaarsentrum op die skool. Die personeel sien die verbetering in lees- en taalvaardighede en ook in wiskunde. ‘n Verrassing was dat hulle ondervind die leerders is netjieser op hulself en dat die skool terrein ook skoner is. Die afwesighede het afgeneem en ook die laatkommery. Gesien in die lig van die algemene daling in die slaagsyfer van matrieks in 2015, was Nalestana se daling 9%, waar ander skole in die omgewing se daling 14% en 34% was.

Ons is dus opgewonde oor die vordering, ook gesien in die leesvlakke wat geweldig verbeter het. In die graad 8 groep lees ongeveer 15 van die 76 leerders op graad 8. Nou kan ons aan die spoed van lees begin werk. Baie van die ander groepe mik nou ook om op hulle vlakke te lees en ons sien uit na die einde van die jaar!!!!

 

 

DIE HERE VOORSIEN:

Skielik en onverwags kom Lotta, die direkteur en ontwikkelaar van Stimulus Maksima! se dogter, Christine, terug van Amerika waar sy “au pair” het. Sy beleef Nalestana saam met die video opname en verloor haar hart. Sy is toe ook genooi vir ‘n onderhoud vir die nuwe pos en was suksesvol. Sy het groot geword met die programme waarmee ons werk en het gehelp met opleiding. Sy het ‘n graad in sielkunde en wil graag verder studeer en fokus op kinders in agtergeblewe gemeenskappe. Sy het ‘n hart vir sending en was op ‘n paar uitreike. En so begin sy die 1e Maart help in die sentrum. Ek was buite aksie met ‘n infeksie in die mond na ‘n tand getrek is en Christine is aan die diepkant ingegooi. Die kinders is dol oor haar en sy laat hulle saampraat.

Hieruit kan ons weereens leer: Die Here is in beheer! Hy bring uitkoms op Sy tyd! Vertrou en wees stil!!

Week 5 of Week 3

Die skooljaar is nou in die vyfde week en ons in week 3. Dis ‘n groot verbetering op laasjaar toe ons eers teen die einde van Februarie begin werk het. Malethole merk op dat ons baie maklik werk die jaar. Dis nie asof daar ‘n paar weke vakansie plaasgevind het nie. Die leerders gaan aan waar hulle in 2015 op gehou het. Ons lei hieruit af dat ‘n sekere kultuur geskep is in die sentrum en dat dit almal daarby inval. Selfs die nuwe leerders begin nie waar die ander in 2014 begin het nie, nee, hulle begin op dieselfde vlak as die bestaande leerders.

Om leesvlakke te bepaal het ons die sekondere leerders 2 vlakke onder hulle grade geregistreer en die laerskool leerders een vlak onder. By die sekondere leerders lees ongeveer ‘n derde van die klas op die vlak waarop hulle geregistreer is, maw graad 8 lees op graad 6 vlak. Sommige van die laerskool leerders lees dan een vlak onder hulle graad, maar hulle is in die minderheid.

Die wiskunde program werk nou ook. Ons sal dalk net met die laerskool werk aangesien die sekondere leerders net wiskunde geletterdheid neem. Louisa doen uitstekend met die Graad R leerders. Haar kreatiwiteit het geen einde.

Ons besef die waarde van die regte grondslag vasstel en daarom maak dit sin dat ek sal verskuif na die nuwe sentrum wat op Rooiberg gaan begin. Bid saam asseblief vir iemand om Naletsana oor te neem! Elize Nel, wat as predikant afgestudeer het, kry nie ‘n aanstelling by ‘n gemeente nie. Meeste soek eerder ‘n manspersoon. Ons was altwee op die regte tyd op die regte plek om ‘n gesprek oor Naletsana te he en sy stel baie belang om die sentrum oor te neem. Dit is ‘n bediening en sy kan nog preekbeurte in die omgewing behartig. Glenn Botha is besig met die beplanning van die tydlyn vir die nuwe sentrum.

Donderdag 18 Februarie word 6 verskillende soort lesse by Naletsana verfilm. Dit gaan gebruik word vir die aanlyn opleiding van Stimulus Maksima. Aanvanklik het ek gedink dis iets soos “video clips” wat ons almal met ons selfone afneem, maar daar is ‘n kamera en klank span wat dit gaan kom doen. Dalk kan ek ‘n nuwe loopbaan begin soos “Leer saam met Ouma” op YouTube Winking smile.

Maandag 7 Februarie begin ek met die aanlyn Wiskunde Kursus en 14 tot 24 Maart moet ek en Louisa die BBO Kleuter kursus in Pretoria gaan doen. Die jaar begin dus op ‘n dolle vaart.

JACK MAHAPA. Dis met groot teleurstelling dat ons moet vertel dat die jongman nie kans gesien het vir die studies by BBTC nie. Sy optrede strook nie met dit van die Jack wat ons ken nie. Baie uit die omgewing het ernstig vir hom gebid, maar hy wou nie eers probeer nie.

Mariana le Roux, die vriendin by wie ek aan die begin gebly het is oorlede na ‘n erge stryd teen kanker. Dis nie ‘n hartseer saak nie, want sy was uitverkoop aan ons Heer en haar lewe ‘n voorbeeld. Sy en haar dogter, Marie van Amerika, het ‘n studiefonds vir die kinders van Raputi op die beengebring. Na die ondervinding met Jack is die vraag: Hoe gereed is kinders van hierdie omgewing om ander werelde te verken en aan te durf? Jack het byvoorbeeld Saterdagnamiddag gebel en aangedring dat ek hom op Brits moet kom haal. Dis meer as 100km weg en ons sou in die donker moes terug ry. Daar is vervoergeleenthede en almal uit die omgewing maak gebruik daarvan. Kan die kinders verantwoordelikheid vir hulself neem? Hoe verbreek mens ‘n gesindheid van ek MOET ontvang? Watter gevolge moet daar vir Jack wees wat nie eers wou probeer nie?

Die stryd met Jack het my baie gevang en ek onthou die naweek van daardie man wat die rekenaarsentrum in 2014 besoek het en my gewaarsku het om fokus te hou op wat ek moet doen. Hierdie was nie wat die Heer van my gevra of verwag het nie.

Wees dus versigtig, getrou en gefokus op dit wat die Here van jou vra!!