Everything is possible with God

20160127_171607

Jack Mahapa saam met sy ma, ma se sus, sy eie sussie en niggie met hulle twee kindertjies. Dit is die som totaal van sy familie.

Hy het vanoggend na die Back to the Bible College (BBTC) op Baberton vertrek vir die begin van sy opleiding as pastoor. Toe die besluit geneem is, het baie saamgespan en alles wat hy nodig het was binne ‘n paar dae bymekaar en meer.

Die betrokkenes het Woensdag by die kerk bymekaar gekom, waar hulle vir Jack ontmoet en vir hom gebid het. Almal was aangetrokke tot hom, tot so ‘n mate dat hulle niks wou weet dat hy self die pad Baberton toe neem nie. Pastor Matela, Malethole se man moes saam. R1500 word benodig vir hierdie uitstappie, maar dit is ook sonder moeite bymekaar gemaak. Die twee moes duimgooi tot by Brits, vandaar ‘n taxi na Johannesburg, dan na Nelspruit, nog een tot by Baberton en dan nog ‘n ent verder. Jack was darem al met ‘n skooluitstappie in Johannesburg, maar dis nie dieselfde as om ‘n taxi te soek wat na Nelspruit gaan.

Almal het gevoel dat hy ‘n prooi kan wees met sy nuwe tasse en baie bagasie. Die jongman was spraakloos. Nooit in sy lewe het hy verwag om sy droom te verwesenlik nie, wat nog al die liefde wat hom dra en omring. Wanneer ons twee saam gery het, het hy heeltyd gebabbel. Volgens hom het hy het meer as ‘n dag nodig om sy getuienis te gee. Hy is regtig uitverkies en het amazing goed beleef.

Op die lys van benodighede was VOORBIDDERS en daarom vra ek almal om hom deel van jul intersessie te maak.

Volgens die BBTC nuusbrief wat ek vandag ontvang het, is die eerste student van die Ivoorkus vandag verwelkom. Die fooie is R2000 registrasie en R2000 vir verblyf vir die jaar. Ja, regtig dis al. Die studente word geleer om groente te plant en ook ander oorlewenings vaardighede wat hulle kan saam neem waar hulle eendag gaan werk.

Klik op http://www.bbtc.org.za/ om meer van die kollege te lees.

Die groot kinders by Naletsana is mal daaroor om ‘n gospel lied te sing en die bewegings saam te maak wat dit duidelik maak dat “all things are possible, everything is possible with God”.

Die wonderlike nou is dat hulle sien dis waar want Jack is ‘n bewys daarvan!

Mag hy terugkom en ‘n rolmodel wees vir al die kinders sonder hoop en met geen toekomsverwagting.

Nuwe skooljaar

Handing out schoolbags Jan 2016 (5)Handing out schoolbags Jan 2016 (7)Handing out schoolbags Jan 2016 (6)

Die graad R groep van 2015 kry hulle skoolsakke, baie opgewonde en trots.  Louisa het reeds vandag, Maandag 18 Januarie, begin werk met die graad 1’s wat laasjaar nie rekenaars gebruik het nie. Ek en Malethole is haar baie dankbaar, want ons het meeste van laasjaar spandeer om daardie jaar se graad een groep te leer om die muis te gebruik. Louisa is opgewonde want die reaksie van almal was positief en hulle geniet die tyd saam met haar.

Ons wag vir ons rooster om finaal goedgekeur te word. Dis ‘n stryd om die klaslyste te orden want baie kinders het laasjaar gedruip. Die graad 8 groep is 75 met ‘n kleiner graad 9 groep. Die graad 11 groep is baie klein en ons vertrou hulle het groot genoeg geskrik sodat hulle hard sal werk die jaar. Van die kinders het al kom vra wanneer gaan hulle begin met die rekenaars. Vandag het die 3 graad 12’s wat met suiwer wiskunde aangaan op hul eie kom aanmeld en op hul eie gewerk. Malethole het probeer help want hulle het nie verstaan hoe om die diagnostiese toets se somme te doen. Later het hul al 3 mekaar gehelp. Ek glo dat hulle ver sal kom as hulle so verantwoordelikheid vir hulself sal neem. Uit die toetse waarmee hulle besig is sal ons die swak plekke kan diagnoseer en dan hopenlik iemand kan nader om te help!

Volgens die hoof gaan die 3 nie aan met suiwer wiskunde nie, maar hulle wil graag en dit gee hulle ‘n beter kans vir die toekoms want met wiskunde geletterdheid kan mens nie ver kom. Woensdag met die eerste skooldag, het min kinders opgedaag want die kontrakte met die busvervoer was nie gefinaliseer nie. Die personeel kry swaar want hulle mag nie van die vervoer gebruik maak nie. Hier is geen taxi’s wat loop, dus staan hulle langs die pad en hoop iemand laai hulle op.

Dit is moontlik vir Jack om na die “Back to the Bible College” op Baberton toe te gaan. Die betrokke partye by die kerk voel egter hy moet eers blootstelling kry met ‘n tent bediening. Ek wag om te hoor of dit wel kan gebeur. Bid asseblief saam dat die Heer die deure sal oop maak vir Jack, soos dit SY wil is. Vinolia, wat die beste gevaar het met laasjaar se matriek, het vandag kom inloer sodat ek haar kan help met haar “tablet” wat deels met kleefband aanmekaar gehou word. Sy gaan  probeer om Menselike Hulpbron Bestuur te swot deur middel van afstandonderrig. Dit was lekker om sommer bietjie met haar te gesels en dis heerlik dat hulle terug kom sentrum toe, dit wys dat ons wel verhoudinge gebou het.

Ons sien uit na ‘n groot jaar en voel opgewonde om dit saam met die Heer dit aan te pak.

2016

20151203_08483920151203_084857

 

 

 

Na ‘n wonderlike afsluiting van 2015 kan ons met opgewondenheid uitsien na 2016. Saam met ons Heer gaan ons hierdie jaar jubel want ons weet HY gaan ons vooruit!!

20151209_094811

20151209_094731

20151203_085219

Van die kinders het gehelp met opknapping van ons sentrum. Ons wil in 2016 probeer om hulle meer deel te maak van die sentrum sodat hul eienaarskap kan neem en help om hierdie “blessing” wat hul ontvang beter op te pas. Hopenlik kring dit uit na die res van hulle skool.20151125_110738

20151124_134045

20151124_134225

 

Mag die personeel wat in 2016 saamwerk besef hoe kosbaar hulle is in die oë van ons Heer en hoe belangrik hulle werk is. Hulle maak ‘n groot verskil deur alles wat hulle doen met passie, toewyding en uitnemendheid te doen. Ons is nie onderwysers nie, maar ‘n benaming wat ek voel gepas is, is ONTWIKKELAARS.  Mag ons elkeen van die kinders wat die Heer voor ons sit help om hulle volle potensiaal te ontwikkel. Dit geld ook vir die nuwe sentrum! Die myn wag nog vir hulle lisensie wat die Departement van Mynwese aan hulle moet uitreik voordat ons aan die gang kan kom.20151021_085201

20151130_121159

Jack en Betta is 2 van die 8 matriekleerders wat geslaag het. 14 het dus nie geslaag nie. Mag Jack se droom om ‘n pastoor te word bewaarheid word.

Ons begin 2016 sonder ‘n wiskunde onderwyser. 4 van die graad 12’s het gewone wiskunde. Ons het die 4 rekenaars wat heel voor is en wat ons nie saam met die ander 40 gebruik nie, uitgeskuif. Hierdie 4 leerders moet verantwoordelikheid vir hulself aanvaar en gedurenede hulle wiskunde periode op ons wiskunde program kom werk. Ons kan gelukkig probleme GOOGLE en daar is op YouTube oulike verduidelikings.

Bid asseblief saam met ons dat die Here die houvas van “witchcraft” op die skool sal verbreek en dat leerders sowel as onderwysers die WAARHEID sal leer ken! Dat die mense sal besef dat al die muti wat hulle gebruik nie naastenby die krag van die HERE het nie.

Eph 6:11-13  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.

Baie dankie vir jul ondersteuning en voorbidding. Mag die ‘n jubel jaar wees vir ons almal!!!

Prestige Function

Die laaste paar weke was erg bedrywig. Baie voorbereidings moes gedoen word vir die prysuitdeling op 26 November. Tussen deur was daar belangrike vergaderings oor die nuwe sentrum wat op die been gebring moet word.

Eksamentyd is vir ons ‘n tyd van onsekerheid. Indien ‘n groep nie skryf nie en die rooster volg, daag hulle op vir klas. Dus het ons ‘n algemene voorbereiding vir sulke gevalle gedoen. Sommige van die graad 12’s het enduit opgedaag. Die laaste keer met ‘n ou vraestel wat hulle moes gaan uitwerk. Die eerste vraag is ‘”Compulsory”. Niemand weet wat daardie woord beteken nie. Dus werk ons gou deur die vraestel en met behulp van die woordeboek maak ons seker almal gaan weet wat hulle in die eksamen moet doen.

Baie dankie aan Malethole en Louisa wat baie hard gewerk het om alles agtermekaar te kry. Gelukkig was ons twee dae voor die tyd kant en klaar, want Woensdag het ons nie krag gehad. Ons sal nie name noem nie, maar iemand het vergeet om die rekening te betaal.

Die personeel van die skool het uitgehang en ‘n ongelooflike PRESTIGE FUNCTION het gebeur!!!

Dit was werklik feestelik! Lobisa van die myngroep het opgemerk dat hulle hierdie resultate eers oor 5 jaar verwag het en dat die verandering in die skool opmerklik is.

Ons weet egter die waarheid. Hierdie projek behoort aan ons Heer en Hy is besig om kinders en personeel te verander! Al die lof en eer aan HOM!!!!

Agter wie aan?

Ef 2:10 “….want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus so gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.” (NLV)

Dit was vir ons drie by die rekenaarsentrum ‘n stryd laas week want ons al drie het gevoel die volgende sentrum moet vir Rooiberg gegee word. Maar ons moet altyd reg wees om die werke te doen waarvoor Hy ons bestem het. Ek kry ‘n oproep om reg te wees om Dinsdag Northam toe te gaan saam met Lobisa van die myn en Glenn, wie die projekbestuurder is. Chartiy, die Kringbestuurder van die Onderwysdepartement, het ook ‘n afspraak gemaak met ons. Dit klink gewigtig, maar veral Louisa bly vol vertroue sê dat Rooiberg die sentrum gaan kry.

Na die vergadering was ek nie so seker. Dit blyk dat die invloed van die sentrum reeds in Naletsana se eksamenuitslae sigbaar is. Die skool op Northam is ‘n Sekondêre skool wat baie swak presteer en ons moet asseblief help. Die meer as 50 km voel baie ver. Die skool lê aan die begin van die dorp. Die eerste indrukke is goed. Julia, wat eers by Naletsana ‘n admin klerk was, werk by die skool en die weersiens was aangenaam. Die ontvangs en speelgrond lyk goed. Alles lyk nuut. Ek kry hoop. Ongelukkig is die hoof nie daar, afspraak tenspyt, maar ‘n baie vriendelik en welsprekende man help ons. Ongelukkig is die rekenaarsentrum se sleutel weg en ons moet deur die vensters loer. Net die skerms is oor, die res alles gesteel. “n Hele paar klaskamers staan leeg. Die plafonne is in flarde en hang in repe. Die sekuriteit lyk nie goed, maar as dit is waar die Heer ons wil gebruik dan doen ons so!

Op pad kar toe vra Lobisa of ons gou by Rooiberg ‘n draai kan maak. Ons kom net voor 4 daar aan en word vriendelik ontvang. Hierdie skool was ou mynkantore, nie gebou vir klaskamers. Baie netjies staan die tafeltjies met elkeen 3 stoele in geryg tot voor in die lokaal. Amper nie plek vir ‘n onderwyser. Die rekenaarsentrum is aan die kant van die skool, nie veilig nie. Ons besoek die biblioteek wat in die hart van die skool gelee is. Daar is ‘n ingeboude kluis ook. Lobisa vra of die sentrum daarheen kan skuif. Die hoof, Koos, glimlag breed en antwoord, natuurlik. Die lokaal is nie baie groot nie en daar is gaan plek vir die Graad R rekenaars nie. Koos laat roep gou die Graad R juffrou. WOW, sy het 3 lokale bymekaar, soveel spasie. Dit is erg verwaarloos agv geldnood, maar ek hoor hoe Lobisa vir haar self sê sy sal kan motiveer dat hulle als hier oor doen.

Sy beduie by die kar dat sy my sal laat weet wat hulle besluit het, maar sy hou van die gevoel van die dorpie. Sy het beleef wat ek gevoel het. Die Here is alreeds hier aan die werk.

Vrydag kry ek die epos van Glenn af. Hulle het besluit op Rooiberg. Louisa se woorde “I told you so!”

Ek het die week weer so duidelik besef dat ek maklik my eie agenda voorop kan stel en waar is die goeie werk waarvoor God my bestem dan? In Fil 2: skryf Paulus dat hy vir  Timoteus gaan stuur omdat sy gesindheid reg is en  nie soos die ander sin nie;  vers 21  “Al die ander soek net hul eie belang en nie dit wat vir Jesus Christus saak maak nie.”

Ps 17: 5 My voetstappe was in U voetspore. My voete het nie gewankel nie. (NLV)

Mag hierdie psalm vir elkeen van ons moontlik wees totdat die voetspore ons tot in ons ewige woning bring!.

November: vrug op ons arbeid!

Die einde is in sig. Wat ons gesaai het in die jaar sal nou geoes word. Dit geld vir onderwysers, maar ook vir die kinders! 20151021_08383220151021_085201

 

 

 

 

Die matrieks sal nou die vrug pluk op hulle arbeid tydens die eksamen. Sommige van hulle daag steeds op by die sentrum wanneer dit hul periode is. Tydens die laaste periode voor die eksamen het ons hulle bygestaan om ‘n epos adres op te stel. Die vaardighede wat hul by die leesprogram opgedoen het het handig te pas gekom. En niemand het ‘n adres soos “sugerlips” gebruik nie. Die adres sal tot hul waardigheid bydra wanneer hulle vir werk ens. sou aansoek doen.

20151023_114407Ons het vir elkeen ‘n boekmerk met ‘n boodskap gemaak en ‘n pen daaraan geheg. Groot was die verbasing toe die waarnemende hoof dieselfde vers gebruik vir sy boodskap. Die Heer het dit vasgeknoop aan hulle harte:  Spreuke3:5 ,6 Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.

Opmerklik is dat elkeen elke keer se die vraestel was maklik. Net jammer dat die punte nie altyd daarby pas. Ons bid en vertrou dat meer hierdie jaar slaag!

20151103_132454

20151103_132550

 

 

 

 

Louisa maak enduit ‘n groot verskil met die Graad R kinders. Sy maak hulpmiddels uit oorskietpapier en werk sonder enige leiding. Die evaluasie van elke kind moet op die internet ingelees word. Ek het eenkeer vir haar gewys hoe en sy neem eienaarskap. Ons sien uit na hierdie groepie volgende jaar!!!

Die leesvaardighede van die meeste kinders het bo verwagting verbeter en ons is baie dankbaar daarvoor. Wiskunde is nog steeds op diagnostiese vlak en hier is groot leemtes. Graad 5 werk op graad 1 vlak en minder as die helfte van die klas het bo 50%. Veral datahantering is ‘n onbekende deel van wiskunde. Dus sal ons volgende jaar baie aandag hieraan moet gee, veral vir die laerskoolgroepe.

Die skool het vir Malethole ‘n pos as wiskunde onderwyser in die laerskool aangebied vir volgende jaar en sy het dit met groot opgewondenheid aanvaar. Dit sal ons baie help want sy ken die programme en ons sal lekker saamwerk. Irene, die admin dame by skool het ‘n paar weke gelede haar CV vir my gebring. Sy het nie onderwysopleiding nie, maar wel rekenaar, projekbestuur en menslike hulpbron bestuur diplomas. Dit sal dalk ‘n goeie ruil wees.

Pad vorentoe:

Die myn het aangedui dat hulle ‘n tweede sentrum in Januarie wil begin. Hulle het gevra dat ek na Rooiberg Laerskool gaan en verslag gee oor die moontlikheid van ‘n sentrum daar.

20151106_114418

20151106_113744

 

 

 

 

 

 

Koos Mosimo is die hoof van die skool met 334 leerders van graad R tot7. Rooiberg is ‘n klein dorpie met minder as 3000 inwoners en is 40 km van Naletsana af. Almal vat hande en die hele gemeenskap werk saam. Die skool het ‘n lokaal, maar dit word nie vir rekenaars aangewend nie. Hulle sal die hulp baie waardeer want hulle voel die wêreld daar buite vergeet van hulle omdat hulle afgeleë is. Die hoerskool het 150 leerders met 22 matrieks en funksioneer op ‘n ander perseel.

Tydens ‘n vergadering in Pretoria is bespreek hoe die pad vorentoe sal wees. Magdaleen, ‘n sendeling wat ‘n paar jaar in Viëtnam gewerk het, is genoem as ‘n moontlike konsultant. Ons moet ‘n konsultant, twee assistente en nog ‘n persoon vir die kleuterafdeling by die tweede skool vind. Baie opleiding, net om die sentrums aan die gang te kry vir 2016, sal gedoen moet word. Dan moet al hierdie persone, ekself inkluis, nog die kursusse van Stimulus Maksima! voltooi.

Ons is almal opgewonde oor dit waarmee die Heer besig is en geniet dit om te ervaar hoe die legkaartstukke in mekaar pas. Bid asseblief saam vir die regte persone om deel te word van hierdie projek wat ‘n groot verskil in die lewe van kinders kan maak en tot voordeel van die gemeenskappe kan wees.

Oktober, die mooiste maand.

IMG-20150926-WA0006 - Copy

20150926_111936

      

IMG-20151010-WA0013 - Copy

Ayla en ouma Freda het verjaar!

Dit is ‘n groot voorreg om die dag te vier wat die Heer mens in die lewe geroep het. My wens is dat Ayla ook oor 60 jaar die vrede en vreugde mag beleef wat haar ouma ken.

20151012_080534

Die skool het geopen en die laaste kwartaal spoed verby. Daar was geen voorvalle gedurende die vakansie nie. Die beste lesers in elke graad het ‘n pen ontvang tydens opening. Die matrieks het die hele vakansie onder toesig van die personeel gestudeer tydens ‘n kamp. Net 9 van die 24 het die rekord eksamen geslaag.

Donderdag is ‘n graad 2 seuntjie raakgery. Hy het kop beserings opgedoen. Dink asseblief aan hom. Die graad 12 leerder wat die beste gedoen het die derde kwartaal doen swak in die klas. Gloria, een van die onderwyseresse, het die observasie gedoen dat die rekenaar niemand kan voortrek nie. Baie skerp, want dit is wat ons geleer het tydens ons opleiding! Louisa se verduideliking was dat ons elke dag bid dat die Heilige Gees in ons lokaal sal werk en dat al die geeste aan die werk in klasse die leerders verhinder om te leer.

20151016_085448 - CopyDalk het sy ‘n punt beet want die graad 3 juffrou doen dieselfde as ons en haar klas se 2 groepe is die enigste wat selfgedissiplineerd in hul ry, volgens hul nommers, opdaag by die sentrum. Dit was ook een van hulle wat Vrydag hierdie piepklein, hartjie-vormige knopie, in my hand gedruk het toe hulle uitloop.  Hierdie geskenkie maak alles die moeite werd en bring steeds ‘n traan in my oog.

20151015_085514 - Copy

Die wiskunde besorg vir ons ‘n groot kopseer. Die meeste kinders werk met strepies uit hoeveel is 10+9. Om nie eers te praat van vermenigvuldiging en deel nie! Dit beteken dat sommige graad 5 leerders nie eers op graad een vlak kan werk. Die graad 7’s kon nog nie een eenheid van die eerste les voltooi nie. Ons krap kop, kry YouTube videos om konsepte te verduidelik, bid baie en toe sien ek weer die diagnostiese toetse wat ons program kan doen. Dus begin ons onder en sal die resultate uitdruk en aan die waarnemende hoof oorhandig.

Klaas van graad 7 was die beste student sover in hoof rekeninge. Hy het 62 plus somme in 3 minute gedoen en 100% gekry. Ons is almal baie trots op hom.

Steeds hou ons vas aan ons God vir wie die onmoontlike moontlik is. Bid asseblief saam vir die kinders en personeel om hierdie waarheid te besef. En vir die eind eksamen vir graad 12 wat op 26 Oktober begin!!

Die waarheid

Die waarheid is dat ons ‘n lewende God dien. Een wat genade het vir ons sonde en nietigheid. Een wat alles nuut kan maak en vryheid, vrede en vreugde bring. Dit sien ek nou in die sentrum. Ons stry die goeie stryd omdat ons weet  dat Jesus alle mag in die hemel en op aarde het (Mat 28:18). Ons voel dit aan ons lywe dat ons in ‘n oorlog is en dat satan nie gelukkig voel met wat besig is om te gebeur nie.

Van die personeel het gevra dat ons ‘n “prayer walk” om die skool moet doen. Rita, van die sending organisasie waaronder ons werk, was hier op besoek en voordat sy vertrek het Woensdagoggend het ons bymekaar gekom. Ons 4 van die sentrum, 3 onderwyseresse en een seun, Tebogo, van wie ek voorheen al geskryf het, het onder Rita se leiding die grond en mense terug geëeis vir die Here. Dankie vir almal wat saam gebid het, moet asseblief nie ophou.

Dit het rimpelings veroorsaak. Van die ander personeel was ongelukkig oor hierdie openbare terug eis van die grondgebied. Gloria, een van die onderwyseresse wat saam geloop het, het kom vra vir gebed. Sy het gevoel hoedat iets baie swaar oor haar kom en haar probeer plat druk. Dis ‘n ondervinding wat ek ook in Madagaskar gehad het en ons kon bid vir vrymaking en beskerming. Van die ander personeel en kinders het ook gekla en teen die einde van die week was ons almal uitgeput. 1Pe 5:8  Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

Ons begin nou vrugte pluk op ons werk en ervaar die Here se seën. Graad 12 het in die middel van hul rekord eksamen uit hul eie opgedaag vir hul rekenaarklas. Ons het weer leesvlakke bepaal en by graad 11 het 9 van die 24 op graad 9, waar die program gestel was, 80% persent en meer vir die begripstoets behaal. By al die klasse is daar groot verbetering. Dus, ten spyte van die chaos wat buite die sentrum heers, is daar vrede, vreugde en beslis meer voorspoed in die sentrum.

  

 

Louisa doen uitstekende werk met die kleuters. Hulle gaan skoolgereed wees in 2016. Die wiskunde is ‘n groter nagmerrie as die lees. Baie leerders ken nie eers die tekens wat gebruik word nie. Minus en deeltekens word dieselfde gebruik. Ons sien hier ook verbetering en die voorbereiding wat die leesprogram gedoen het help baie, aangesien die leerders self moet lees op die program wat hulle moet doen.

Ons het besoek van  lede van die EFF met hul rooi kepse gehad. Ek lei af hulle het kom kontroleer of die myngroep doen wat hulle sê. Die 6 manne is met groot glimlagte daar weg. Louisa se kleuters se vaardighede het hul voete onder hulle uit geslaan.

Ons gee al die eer aan die Heer vir wat Hy besig is om te doen! En ons sê dankie en groot asseblief vir al julle gebede!

Die Here se seën!!

Dit het lekker gereën. Die hele wêreld lyk anders. Waar alles vaal en stowwerig was, sien mens nou kleur. Alles lyk skoon gewas. Ons almal jubel saam en dank ons Vader.

20150905_08305220150906_120138

 

 

 

 

20150902_180925

Die verskil in die rekenaarsentrum na die waarheid van ons redding duidelik geword het, is opmerklik. Ek het moed opgegee met Malethole wat nie die lesse kon aanbied soos sy reeds tevore gedoen het nie. Vrydag kom sê sy dat sy nou begryp wat sy moet doen. Sy het uit haar eie gekom en haar insig het my verstom. Sy het ook uit haar eie skoongemaak. Dis asof daar skille van haar oë afgeval het.

Ek kan nie wag om te hoor wat met Louisa gebeur het die naweek. Sy sou die waarheid gaan verkondig en ons vertrou die Heer vir seën hier op!! Malethole het probleme met haar tande. Sy het antibiotika by die kliniek gekry, maar moet ‘n tandarts gaan besoek want al haar tande is ontsteek.

Baie dankie vir al julle gebede. Dit maak ‘n groot verskil en ons sien uit na die nuwe week! Mag die Heer jul elkeen oorvloedig seën.

Eph 2:8, 9  Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

??

Ons dien ‘n God wat lewend, werklik, wonderlik en vol liefde en verrassings is.

20150902_181839

Vir ‘n hele paar maande sukkel ek met myself oor die negatiewe gevoellens wat ek teenoor Malethole voel. Haar werk is nie op standaard, sy luister nie, sy is stadig en begryp so baie keer verkeerd. Ek het geen beheer en verloor my humeur. Ek stoei met die Heer, is die fout by my, by haar? Ek le wakker oor hierdie probleem. Gister was dit weer so. Ek kry so skaam vir myself. Waarom word ek so kwaad? Dit is nie my geaardheid nie. Ek vra ‘n paar mense om saam te bid. Ek stoei die hele nag met die Heer. Ons almal weet dat die duiwel baie besig is by die skool. Is dit ‘n aanval van die bose?

?? Vanoggend lei die Heer my om my EE3 borsspeld met die twee ?? aan te steek. Die doel is om gesprek uit te lok oor die twee belangrikste vrae wat bestaan.
  1. Is jy seker jy gaan hemel toe?
  2. Indien God vir jou vra hoekom HY jou in Sy hemel moet toe laat, wat sal jy antwoord?

Ek het gedink ek sit dit aan omdat ons die week die ‘?’ behandel met graad 8-11. Maar die Heer het ander planne gehad.

Toe ons tee drink praat ons oor die borsspeld. JA, hulle sal graag wil weet wat is die twee vrae! Malethole is nie seker dat sy hemel toe gaan nie, sy dink so! Louisa weet sy gaan hemel toe. Waarom moet God hulle toelaat?  Beide van hulle sê hulle moet dalk toe gelaat word want hulle is gehoorsaam.

Die Heer breek alles vir my oop!! Malethole se man is die plaaslike evangelis, ek het aangeneem sy sal die waarheid ken!  Louisa bid so mooi, ek was seker sy ken  die waarheid. Nee, se ek, julle is so verkeerd. Omdat ons begin Bybelstudie doen se hulle toe hulle sal vir huiswerk daaroor gaan dink.

Die Here druk dit op my hart om die waarheid met hulle te deel. Netnou kom een iets oor en het ek ‘n geleentheid om die waarheid te deel laat verby gaan. Die Heer lei my na: Joh 14:6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Eers verstaan hulle nie mooi, maar na ‘n kort verduideliking dat Jesus vir ons sal intree as Satan ons voor God aankla. Dis nou indien ons HOM as verlosser aanvaar het. Ons beste dade is nie goed genoeg voor God nie. Satan sal ander redes kry om ons skuldig te laat staan. Net Jesus se bloed reinig ons volkome en HY staan tussen ons en ons aanklaer! Groot glimlagte breek oor die gesigte. Louisa dans rond, Saterdag gaan sy die jeug inlig en Sondag haar kerk, want sy het nou die waarheid!

Bid asseblief saam dat hierdie waarheid sal versprei en ‘n verskil maak. Bid asseblief ook vir my en Malethole. Loof die Here saam met ons vir wat HY besig is om te doen!!!!